1. Om minder water te gebruik is om jou gewoontes te verander wat tot gevolg het dat jy eerstens die hoeveelheid waterverbruik op jou munisipale faktuur afbring. As jy jou water rekening bestudeer is dit om bewus te raak van jou verbruik, in plaas van om dit net te betaal en daarvan te vergeet.
  2. Om water weer te gebruik is besparing, maar jy kan ook water wat in die eerste plek onnodig gebruik is, weer gebruik. Wat beter is as niks, maar besparing van water begin eerstens om die slegte gewoontes wat ons almal het te verander, m.a.w. om die hoeveelheid water vir hergebruik te verminder. Deur slegs hoë volumes water te gebruik en dit vir ‘n ander doel te “hergebruik” is nie noodwendig die doelwit nie.

RAAK BEWUS & VERANDER GEWOONTES : • Begin deur bewus te raak van die hoeveelheid water wat jy gebruik om ‘n sekere taak te verrig. As daar ‘n meter in jou huis was wat ‘n geluid maak vir elke liter wat jy gebruik sal jy verstom wees oor die verbruik van eenvoudige alledaagse take. Vermenigvuldig daardie taak met 30 dae en sien hoeveel water jy gebruik / bespaar • Identifiseer hoë gebruik aktiwiteite en begin deur daardie volumes te verminder. • ‘n Gemiddelde stort is 30 liter water – twee persone in ‘n huishouding is 60 liter per dag = 1800 liter per maand. 'n “Top loader” wasmasjien gebruik 150 liter water vir een bondel wasgoed : twee bondels per week = 300 liter = 1200 liter per maand. Dus 3000 liter water per maand vir stort en wasgoed was. Deur vinniger te stort en nie onnodig wasgoed te was nie, is die beginpunt. Dit is dieselfde oefening soos om ligte af te sit as daar niemand in die vertrek is nie! • Deur die nag toilet- spoel slegs een keer in die oggend. Werk dit uit – 10 liter vir spoel x twee persone in huishouding is 20 liter per nag as elkeen een keer toilet toe gaan gedurende die nag, dus 600 liter per maand. Deur slegs die toilet een keer te spoel in die oggend spaar jy dus 300 liter per maand – en dis nie ingereken dat jy in elk geval weer die toilet sou gespoel het met opstaan nie. Dus ’n besparing van 3600 liter per jaar! (gooi ‘n eetlepel Domestos in die toilet voor jy gaan slaap om reuke te minimaliseer) • As albei persone 500ml (twee koppies) water op ‘n dag spaar deur slegs die kraan toe te draai terwyl tande geborsel word, spaar elkeen ‘n liter water per dag. Dus 2 liter vir twee persone is 60 liter per maand. 60 x 12 maande is 720 liter in ‘n jaar! Daar is 2500 huishoudings in Boston dus 720 liter water per huishouding per jaar gespaar is 1,8 miljoen liter water! • Gebruik dunner en kleiner lyf handdoeke wat minder water nodig het in die wasmasjien • Alle tuinbeddings het walletjies • As jy nie ‘n glas water opgedrink het nie, sit 'n emmer langs jou opwasbak in die kombuis waarin jy daardie water gooi.. Gebruik ook ‘n waskom met water om vrugte en groente af te spoel, gooi dit ook in daardie emmer. Gebruik dan daardie emmer om die toilet mee te spoel of in die tuin.

GRYS WATER: • Doen dan die volgende stap deur water wat jy alreeds voor betaal het (grys water) op te vang vir hergebruik. Somtyds is dit so eenvoudig soos ‘n pyp koppel aan die bad/stort water se uitlaat om op die grasperk te laat uitloop. • Die 1800 liter se stortwater in ‘n maand en die 1200 liter se wasgoedwater word nou opgevang en dit gee ongeveer 3000 liter se tuinwater.
• Omdat my wasmasjien , bad , 2 x storte en badkamer se wasbakke by dieselfde “gulley” uitloop het ek ‘n metode prakseer om hierdie water op te vang. (let wel nie skottelgoedwater nie – vol bakterieë ens.) ek het eenvoudig ‘n 20 liter verfemmer dwars gedraai en ‘n gat in sy “rug”-gedeelte gesny, dit dwars geplaas sodat al die afvoerpype se einde daarin loop, ‘n gat gesny in die deksel waarin ‘n pyp gemonteer is wat na ‘n 70 liter asgoedrommetjie in die grond loop. Daarbinne is ‘n klein pompie (met “floating switch”) wat die water automaties uitpomp in groter houers in die agterplaas (hoogste punt op erf). Daardie twee groot houers het krane op waarmee ek die tuin natmaak. Dit is ten minste 100 liter per dag (as ek nie wasgoed was nie) vir tuinwater. • Pompie gekoop by Brights (TALLAS D-CW200) @ R1100. • Kyk na eenvoudige skets hieronder om wasmasjien- ,bad- ,en stortwater op te vang

REëNWATER : • Reënwater kan vir wasgoed en allerlei ander take gebruik word.

Dit is verstommend wanneer mens begin bewus raak hoeveel water wel gespaar kan word asook wat onnodig gebruik word. Belangrik: • Grys water moet binne 24 uur gebruik word. Dit kan stink en bakterie versprei, so moet dit nie vir langer periodes berg nie. Gebruik dit slegs in die tuin en sorg dat dit nie opdam waar troeteldiere dit kan drink nie. • Skottelgoedwater mag nie hergebruik word nie • As iemand in jou huishouding siek is moet jy die bad / stort water nie hergebruik nie. • Gebruik sover moontlik “biodegradable” waspoeier en seep. • Enige bleikmiddels en haarkleurmiddels se water moet nie hergebruik word nie, dus moet die verfemmer waarin jy die gat gesny het verwyderbaar wees. • As jy die tuin natmaak met grys water probeer om nie onnodig te spat nie en gaan was jou hande in skoon water na die tyd.